Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bruilof
bruilof [boodskap #133139] Ma, 24 Augustus 2020 20:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bruilof.
'n Bruilof.
bruilof
Afbreking: brui•lof


Selfstandige naamwoord: bruilof
Meervoud: bruilofte
Verkleinwoord: bruiloffie
Meervoud van verkleining: bruiloffies

Betekenis:
• 'n Feestelike geleentheid waar twee persone in die eg verbind word.

Gebruik:
• 'n Paartjie vier hulle goue bruilof wanneer hulle 50 jaar getroud is.

Sinoniem:
• troue
• egverbintenis

Afgelei:
• boerebruilof
• bruilofsgas
• bruilofsfees
• bruilofsmaal
• diamantbruilof
• jakkalsbruilof
• saffierbruilof
• silwerbruilof

Vertaling:
Engels: wedding
Nederlands: bruiloft

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: egosentries
Volgende onderwerp: rigtingloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 10:25:35 MGT 2024