toneelspeler [boodskap #133127] |
So, 23 Augustus 2020 16:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toneelspeler
Afbreking: to•neel•spe•ler
Samestelling: toneel + speler
Selfstandige naamwoord: toneelspeler
Meervoud: toneelspelers
Verkleinwoord: toneelspelertjie
Meervoud van verkleining: toneelspelertjies
Betekenis:
• Iemand wat 'n rol speel op die verhoog, in 'n rolprent of op televisie.
Gebruik:
• Hendrik Hanekom was een van die eerste Afrikaners wat 'n voltydse toneelspeler geword het.
Sinoniem:
• akteur
• aktrise
Hiponiem:
• filmster
• komediant
• mimikus
• rolprentster
• verhoogakteur
Vertaling:
Engels: actor, player
Nederlands: toneelspeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|