Inligting Boodskappe: 4588 Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die beeskloutjie is een van verskeie Lithops-soorte behorende tot die vygiefamilie (Aizoaceae), klein sappige vetblaarplante van die Karoo en tot in Namibiƫ (Suidwes-Afrika) en Suid-Transvaal, met twee afgeplatte sappige blare, gewoonlik gelyk met die grond, wat na beeskloutjies lyk. Die wit of geel vygie-agtige blom verskyn in die spleet tussen die twee blare. Ook toontjies genoem.
Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965
Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.