Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » IDIOOM: Landmyn
IDIOOM: Landmyn [boodskap #13582] Sa, 28 Maart 1998 00:00
idioom  is tans af-lyn  idioom
Boodskappe: 3
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
So stil soos 'n landmyn.

Verklaring: Onderdrukte aggressie.

Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
aktiveer.

Stefan Harms
Re: IDIOOM: Landmyn [boodskap #13583 is 'n antwoord op boodskap #13582] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Louwrence Erasmus  is tans af-lyn  Louwrence Erasmus
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
Stil soos 'n oorlogskip - skiet na my en ek sal jou vuur dubbeld
beantwoord.
Re: IDIOOM: Landmyn [boodskap #13584 is 'n antwoord op boodskap #13582] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:
> | Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
> | neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
> | landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
> | aktiveer.
> |
> | Stefan Harms
> |
>
> Jy moet sien hoe sit Gloudina ons af ....!

Daar het jy dit uit die bek
van die donkie; hy sê hy is
'n landmyn (dus 'n begraafde
bom) wat afgesit word deur
my. Siedaar, die Derde
Vryheidsoorlog het begin,
gemik teen verskuilde
apartheidsvarke. Nou as
ek hom tog net kan stilkry.

Gloudina
Vorige onderwerp: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans
Volgende onderwerp: Idiomatiese Uitdrukking: TJOEPSTIL
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:56:59 MGT 2024