Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Crunchie
Crunchie [boodskap #13579] Sa, 28 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Terwyl ek nou die dag deur ons “Dictionary
of South African English” blaai, kom ek op die
volgende af:

“crunchie” (slang) Offensive mode of reference
to an Afrikaner.

Een van die voorbeelde van die woord wat hulle
gee, kom uit ‘n David Kramer lied:

“Call me a crunchie,
And I’ll take jou outside,
I’ll show you just how,
the crunch is applied,
Then you’ll keep .... tjoepstil.

Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
woorde vir ‘n Afrikaner “ hairyback” en “rockspider.”
Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
woorde in aanraking gekom het nie, maar ek kan tog
sien waar dit moontlik vandaan kan kom. Maar
“crunchie” slaan my heeltemal dronk. Vir my het die
woord net assosiasies met ‘n soort sjokolade. (Ek
vergeet nou of die sjokolade hier of in SA te vinde is.)
Is daar enigiemand wat vir my kan verduidelik waarin
hier woord sy oorsprong het?

Gloudina Bouwer
Re: Crunchie [boodskap #13605 is 'n antwoord op boodskap #13579] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
| woorde vir 'n Afrikaner " hairyback" en "rockspider."
| Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
| woorde in aanraking gekom het nie, maar ek kan tog
| sien waar dit moontlik vandaan kan kom. Maar
| "crunchie" slaan my heeltemal dronk. Vir my het die
| woord net assosiasies met 'n soort sjokolade. (Ek
| vergeet nou of die sjokolade hier of in SA te vinde is.)
| Is daar enigiemand wat vir my kan verduidelik waarin
| hier woord sy oorsprong het?
|
| Gloudina Bouwer

Waar's jou alwetendheid nou skielik heen, tweegat jakkals? Of vertel die
Amerikaanse grondwet wat jy so breedvoerig bestudeer het, vir jou niks van
Crunchies af nie?? Skaam jy jou nie om so blatant jou gebrek aan kennis
hier op die internet uit te blaker nie? Gloudina, nou weet die hele wêreld
dat jy nie alles weet nie!!!!! O wee!!!!
Re: Crunchie [boodskap #13684 is 'n antwoord op boodskap #13579] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
> woorde vir 'n Afrikaner " hairyback" en "rockspider."
> Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
> woorde in aanraking gekom het nie.

Dit verklaar heelwat.

Dit suggereer dat jy nooit rassediskriminasie ervaar het nie.

Dit herinner aan Lourens van der Post se uitspraak nadat hy deel was van die
verhore van Japannese wat interneringskampe in die Ooste bedryf het gedurende
die Tweede Wêreldoorlog (hy was self in een van die kampe).

Na die tyd het hy opgemerk dat die mense wat in die kampe gely het veel
minder haatdraend was, veel minder gesteld was op vergelding, en veel meer
vergewingsgesind was as die mense wat nooit onder die Japannese onderdrukkers
deurgeloop het nie.

Dit was altyd die buitestanders wat histeries om bloed geroep het.

Soos jy met jou naïewe en verwarde oorlogsidioom.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Re: Leendert as tweegesigjakkals
Volgende onderwerp: AFRIKAANS EN ENGELS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 01:26:53 MGT 2024