Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » beskermheilige
beskermheilige [boodskap #132786] So, 16 Augustus 2020 08:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19254
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Isidorus van Sevilla, die beskermheilige van die Internet.
Isidorus van Sevilla, die beskermheilige van die Internet.
beskermheilige
Afbreking: be•skerm•hei•li•ge


Selfstandige naamwoord: beskermheilige
Meervoud: beskermheiliges

Betekenis:
• 'n Heilige in Rooms-Katolieke tradisie onder wie se beskerming 'n bepaalde persoon of groep staan.

Gebruik:
• Sint Andreas het in die 9de eeu die beskermheilige van Skotland geword, nadat die Pikte en Skotte 'n veldslag teen die Angel-Sakse gewen het, en 'n wit Andreaskruis in die hemel verskyn het.

Sinoniem:
• beskermheer
• patroonheilige
• skutsengel
• skutspatroon

Verwant:
• beskermfees

Vertaling:
Engels: patron saint
Nederlands: beschermheilige

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: differensiasie
Volgende onderwerp: twaalf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 09 23:18:05 MGT 2024