Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Leendert as tweegesigjakkals
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13547] Do, 26 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>> Dis teen mense
>> soos jy wat ek die Derde Boere-
>> Oorlog veg -
>
> Ai, Gloudina,
>
> Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
> maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep

Leendert, die Derde Vryheidsoorlog
gaan wees teen die sogenaamde
Afrikaners wat maak asof hulle die
enigste mense is wat die erfenis van
die vorige twee Vryheidsoorlo"e kan
toe-eien. Dis daardie Afrikaners wat
deur mense soos jy onteien word, wat
nou teen julle optrek. In SA self
en uit die buiteland.

> As dit nie so pateties was nie, sou dit snaaks wees - hier in Afrika kom die
> Derde Taalbeweging op dreef, en die wêreld gons van grens tot grens soos
> die mense baklei, stry en vry.

En wys dit nie dat ek reg is nie. Dat
daar Afrikaners is wat nou weer op hulle
eie pote staan en nie geterroriseer word
nie deur die apartheidsvarke ( wat 'n mengsel
was van stupid Afrikaners, slim Australiers,
uitgeweke Rhodesiers, en ondergrondse lede
van die C.I.A.)

> Maar ek moet sê, daar's hoop vir die nuusgroep, net soos vir die land self -
> helfte van die Boerehaters verkeer in 'n progressiewe toestand van seniele
> waansin. Die ander helfte verval herhaaldelik in 'n staat van perenniale
> infantiele regressie!
>
> Vriendelike groete, Leendert

So nou is die Boer "Ferdi" ook 'n
Boerehater? Ha, ha, ha! Leendert
jy moet oppas. Jy en jou voorsate
is nog net omtrent 'n honderd jaar
in die land. Jy beledig mense wie
se voorsate in 1706 in my geval die
land ingekom het. En in "Ferdi"
se geval ook al seker vir meer as
twee eeue. So basta om vir mense
aan te kla as Boerehaters. Jy het
'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
die land, nou die Afrikaner uit-
Afrikaner?

Gloudina
>
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13548 is 'n antwoord op boodskap #13547] Do, 26 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>>> Dis teen mense
>>> soos jy wat ek die Derde Boere-
>>> Oorlog veg -
>>
>> Ai, Gloudina,
>>
>> Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
>> maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep
>
> Leendert, die Derde Vryheidsoorlog
> gaan wees teen die sogenaamde
> Afrikaners wat maak asof hulle die
> enigste mense is wat die erfenis van
> die vorige twee Vryheidsoorlo"e kan
> toe-eien. Dis daardie Afrikaners wat
> deur mense soos jy onteien word, wat
> nou teen julle optrek. In SA self
> en uit die buiteland.
>

Nou watch nou so 'n draaigat jakkals wyfie! Lekker Gloudina, skuif nou
die parameters van jou Derde Boere Oorlog - en kry daai kappietjie reg -
die Suid Afrikaans son is hard op daai sagte kanadese velletjies. Gaan
dit 'n terugkeer na julle roots wees, nou van die buiteland en so?

Die hoeveelste definisie van jou Derde Vryheids Oorlog is dit nou die?
Dink iemand op die nuusgroep dat Gloudina ernstig is met alles wat sy
hier op kwytraak? Dit is te minste heel vermakend. Doet so voort
Gloudina - jy raak meer en meer absurd by die dag.

Cheers
Lou
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13560 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
writes:

Daar is nie so 'n ding soos 'n twee-
gesigjakkals in Afrikaans nie. Ek
moes seker aan "doublefaced liar"
gedink het toe ek die aantyging
gemaak het. So, mense, Leendert
is 'n "tweegatjakkals" of "twee-
stertjakkals." Jammer vir die
idiomatiese glips.

Gloudina
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13566 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Maar vir een wat haar nasate vir 'n ander land grootgemaak het, het jy darem
> 'n groot bek oor die voorsate, nie waar nie.
>
> Vriendelike groete, Leendert

Nee, Leendert, ek het nie my nasate
vir 'n ander land grootgemaak nie.
My eerste kind is in Suid-Afrika
gebore juis omdat ons na Suid-Afrika
teruggekeer het na 'n eerste verblyf
in Kanada. Ons het egter SA vir 'n
tweede keer verlaat, nadat nog 'n
kind in SA gebore is, omdat die
apartheidsvarke dit vermors het.
En met "apartheidsvarke" bedoel ek,
Leendert, nie Afrikaners of Boere
nie. Ek bedoel oud-Nederlanders soos
Verwoerd, oud-Rhodesiers, dom
Afrikaners, bose Afrikaners, sommige
swart bantoestan-hoofde, Australiese
vroue van double-barreled Engelse
manne en die lys gaan aan en aan.
Dis teen hulle en hulle intellektuele
nageslag wat ek die Derde Vryheids-
oorlog verklaar en veg.

Gloudina
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13567 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
igs.net wrote in article ...
| gaan wees teen die sogenaamde
| Afrikaners wat maak asof hulle die
| enigste mense is wat die erfenis van
| die vorige twee Vryheidsoorlo"e kan
| toe-eien.

Jy beskryf hier drogbeelde in jou eie waanbelaaide koorsagtigheid! Wanneer
dink jy al dié nonsies uit?

Dis daardie Afrikaners wat
| deur mense soos jy onteien word, wat
| nou teen julle optrek. In SA self
| en uit die buiteland.

Optrek waarheen, ou Moeder Hanna. Jy gly nou vinnig terug, Gloudina. Lei
jy nie dalk net eenvoudig aan 'n oordrewe vervolgingswaan nie? Dalk het jy
uit SA gevlug - bang dat hulle jou in die tronk sou stop omdat jy teen die
ou regering was. Nou het daardie vervolgingsfobie gewoonte geword...

| En wys dit nie dat ek reg is nie. Dat
| daar Afrikaners is wat nou weer op hulle
| eie pote staan en nie geterroriseer word
| nie deur die apartheidsvarke ( wat 'n mengsel
| was van stupid Afrikaners, slim Australiers,
| uitgeweke Rhodesiers, en ondergrondse lede
| van die C.I.A.)

Weer die vervolgingswaan ....

| So nou is die Boer "Ferdi" ook 'n
| Boerehater? Ha, ha, ha! Leendert
| jy moet oppas.

Vir wie??? Jy klink so soos die wicked witch uit die Wizard of Oz .....

Jy en jou voorsate
| is nog net omtrent 'n honderd jaar
| in die land. Jy beledig mense wie
| se voorsate in 1706 in my geval die
| land ingekom het. En in "Ferdi"
| se geval ook al seker vir meer as
| twee eeue. So basta om vir mense
| aan te kla as Boerehaters. Jy het
| 'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
| die land, nou die Afrikaner uit-
| Afrikaner?

Leendert is 'n damn-site beter Afrikaner as jy en jou fris boerseun uit die
oos-Kaap wat julle taal sommer so maklik opgesê het en stert tussen die
bene weggehardloop het!
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13568 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ha, ha, ha! Leendert
> jy moet oppas. Jy en jou voorsate
> is nog net omtrent 'n honderd jaar
> in die land. Jy beledig mense wie
> se voorsate in 1706 in my geval die
> land ingekom het. En in "Ferdi"
> se geval ook al seker vir meer as
> twee eeue. So basta om vir mense
> aan te kla as Boerehaters. Jy het
> 'n agenda. Probeer jy, nuutjie in
> die land, nou die Afrikaner uit-
> Afrikaner?

Siestog, Gloudina!

Jy prewel pragtige proteste teen "seksiste".

Die feit dat my naam vanjaar 100 jaar in die land is, is waar. Ook die feit
dat die draer van daardie naam die hele oorlog deur is aan Boerekant -
insluitende die kamp by Dyatalawa (terwyl dit nou gaan oor jou perverse
"Boere-oorlog"). Die feit dat ek dit dra is egter bloot 'n feit van die
benamingskonvensie.

Gerieflikerwys noem jy nie dat ek in die vroulike lyn afstam van mense wat
nog veel langer in die land is as 1706 nie - Van der Merwe, (ma) Brits,
Pretorius, (oumas) Reynecke, Bezuidenhoudt. ens ens.

En dan is daar nog die waarskynlike 6% waarvan 'n deel vermoedelik uit
Afrika kom, nie waar nie?

Maar vir een wat haar nasate vir 'n ander land grootgemaak het, het jy darem
'n groot bek oor die voorsate, nie waar nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13569 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Nou watch nou so 'n draaigat jakkals wyfie! Lekker Gloudina, skuif nou
> die parameters van jou Derde Boere Oorlog - en kry daai kappietjie reg -
> die Suid Afrikaans son is hard op daai sagte kanadese velletjies. Gaan
> dit 'n terugkeer na julle roots wees, nou van die buiteland en so?

Ou Lou, laat ek jou nou een ding
van Kanada vertel. Die somers is
so bloedig warm dat ek gladnie
daarvan hou nie. Die lekker SA
somers was baie meer draagbaar
omdat hulle so droog was, selfs
in die Noordkaap. En ons hier in
Kanada het nie sagte velletjies
nie. As ons nie gebrand word deur
die somershitte nie, word ons
gelooi deur die uiters koue winde.
Ons is 'n geharde klomp hier, ou
Lou.


>
> Die hoeveelste definisie van jou Derde Vryheids Oorlog is dit nou die?
> Dink iemand op die nuusgroep dat Gloudina ernstig is met alles wat sy
> hier op kwytraak? Dit is te minste heel vermakend. Doet so voort
> Gloudina
> Lou

Dankie Lou. Ek het geweet dat jy
uiteindelik die boodskap sal kry
en dat jy so in die geheim eintlik
'n bewonderaar van my is.

Gloudina
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13570 is 'n antwoord op boodskap #13547] Vr, 27 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina, ons "ambassadeur" in Ottawa verklaar weereens . . .

> . . . laat ek jou nou een ding
> van Kanada vertel. Die somers is
> so bloedig warm dat ek gladnie
> daarvan hou nie. Die lekker SA
> somers was baie meer draagbaar
> omdat hulle so droog was, selfs
> in die Noordkaap.

Dis wel die geval dat Ontario helwarm, bedompige somers het.

Onthou egter net dat: Kanada > Ontario.

Die somers hier in sentraal-Alberta is van die aangenaamste
ter wêreld. . . selfs beter as Johannesburgse weer.

GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.

Kry dit deur julle DIK KOPPE, verdomp ! Dit sluit Nico in.

> En ons hier in
> Kanada het nie sagte velletjies
> nie. As ons nie gebrand word deur
> die somershitte nie, word ons
> gelooi deur die uiters koue winde.
> Ons is 'n geharde klomp hier. . .

Suid-Afrikaners is so behep met die weer as hulle [selde] aan
Kanada dink. Kanada is 'n groot plek. Gaan kyk maar na jou
atlas. Die weer is so uiteenlopend soos wat die land uitgestrek
is. Suid-Alberta is soos die Noord-Karoo in die somer, maar
'n paar ure noord, waar ek woon, is die klimaat heel anders.

Ja, die winters is koud, maar daar is ook veskillende tipes
koue. Ek verkies 'n windelose, dro"e -30C enige dag bo 'n
klam -15C (soos in Ontario). On huise is verhit. Dis uiters
verbasend waaraan 'n mens gewoond kan raak. Die koue is een
van daardie dinge . . . net soos die geweld en die misdaad in
die Nuwe SA.

Hjalmar
________
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13595 is 'n antwoord op boodskap #13547] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber wrote in article
| Dis wel die geval dat Ontario helwarm, bedompige somers het.
|
| Onthou egter net dat: Kanada > Ontario.
|
| Die somers hier in sentraal-Alberta is van die aangenaamste
| ter wêreld. . . selfs beter as Johannesburgse weer.
|
| GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.
|
| Kry dit deur julle DIK KOPPE, verdomp ! Dit sluit Nico in.

Ho! Stadig ou perd - ek is
aan jou kant! Moenie laat
sy jou oortuig dat ek Kanada
afskiet nie - ek weet nie waar
sy daaraan kom nie?!? Ek bly
net omtrent 3 ure se ry van die
Kanadese grens af. Ek het ook al
baie gesê: ek weet niks van Kanada
af nie.

Ek weet Kanada is groot - maar jy het nietemin
my simpatie dat jy haar as landgenoot moet hê.

|
| Suid-Afrikaners is so behep met die weer as hulle [selde] aan
| Kanada dink. Kanada is 'n groot plek. Gaan kyk maar na jou
| atlas. Die weer is so uiteenlopend soos wat die land uitgestrek
| is. Suid-Alberta is soos die Noord-Karoo in die somer, maar
| 'n paar ure noord, waar ek woon, is die klimaat heel anders.
|
| Ja, die winters is koud, maar daar is ook veskillende tipes
| koue. Ek verkies 'n windelose, dro"e -30C enige dag bo 'n
| klam -15C (soos in Ontario).

Ek
stem met
jou saam - en
ek is ook nie te mal
daaroor as dit warmer
word en so heen en weer
om vriespunt rondswaai nie.
Die sneeu smelt dan en voor die water
kan wegloop, waai die wind daaroor of daal
die temperatuur maar net en dan verys dit - en
dat van dit bloedsweet om daarop te bestuur! Maar dit is
darem ook baie min tye wat dit so sleg is.

On huise is verhit. Dis uiters
| verbasend waaraan 'n mens gewoond kan raak.

Hjalmar, ek vind dat die winter vir my hier "warmer" was, in dié opsig
dat ek amper nooit koud gekry het nie. Al was ons temperatuur baie keer
hier by -20 tot -30°C
het ek selde wintersklere aangehad. Ek dra, soos al die Amerikaners om my,
net somersklere,
en as 'n ou dan werk of huis toe ry, dra jy 'n warm jas of parka. Dis net
die paar keer wat
ons dieretuin toe was of na 'n park toe waar die seuns gaan afgly het, wat
ons soos
eskimos aangetrek was. Ek het die winter en die sneeu geniet en was
spyt dat dit so min was. Verlede week het die swane en ganse
hier aangekom en orals op die gevriesde mere bly sit.
Eergister het ons temperature begin styg en vandag
was dit al 14°C! Al die mere is ontdooi en
die voëls kan nou orals swem! Dit
lyk sommer of hulle dit geniet!
As ek mag vra: watse werk
doen jy in Kanada?

Groete
Nico
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13596 is 'n antwoord op boodskap #13547] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

Ek bly
> net omtrent 3 ure se ry van die
> Kanadese grens af. Ek het ook al
> baie gesê: ek weet niks van Kanada
> af nie.

Nou wil jy nou meer. Jy woon
drie uur se ry van Kanada af
en sê jy weet niks van Kanada
af nie. Neem jy kennis van die
feit dat 'n deel van Minnesota
onlangs gevra het (deur hulle
verkose verteenwoordiger) om
af te stig van die VSA en by
Ontario aan te sluit.
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13597 is 'n antwoord op boodskap #13547] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
|
| Ou Lou, laat ek jou nou een ding
| van Kanada vertel.

Sy weet mos alles van alles af! So , luister nou mooi:

Die somers is
| so bloedig warm dat ek gladnie
| daarvan hou nie. Die lekker SA
| somers was baie meer draagbaar
| omdat hulle so droog was, selfs
| in die Noordkaap.

Lyk my die Bouwers het die slegste omgewing gekies wat hulle kon, en toe
daar gaan bly - dalk oordrewe Calvinisme.?

En ons hier in
| Kanada het nie sagte velletjies
| nie.

Renosterhuid, as jy my vra ....

As ons nie gebrand word deur
| die somershitte nie, word ons
| gelooi deur die uiters koue winde.

Hulle ry mos op 'n oop slee waar hulle wil wees. Hopelik travel hulle
vinniger as dit koud is en daar sneeu rondlê!

| Ons is 'n geharde klomp hier, ou
| Lou.

Soos altyd weereens beter as enige iemand anders!
(Minderwaardigheidskompleks.... brom ek)
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13598 is 'n antwoord op boodskap #13547] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar...@UAlberta.CA (Hjalmar Gerber) writes:

> Die somers hier in sentraal-Alberta is van die aangenaamste
> ter wêreld. . . selfs beter as Johannesburgse weer.
>
> GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.

Dit moet noual duidelik vir lesers
van hierdie nuusgroep wees dat
Hjalmar vir Ontario op die brein
het. Uit die sielkundige oogpunt
vra 'n mens dan natuurlik altyd
waarom? Hjalmar sit my natuurlik
ook in die spreekwoordelike kassie.
Hy neem nie in ag dat ek in ander
provinsies meeste van my lewe hier
in Kanada deurgebring het nie. Ha,
ha, ha.

>
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13599 is 'n antwoord op boodskap #13547] Sa, 28 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| >
| > GLOUDINA VERTEENWOORDIG NIE DIE HELE KANADA NIE.
|
| Dit moet noual duidelik vir lesers
| van hierdie nuusgroep wees dat
| Hjalmar vir Ontario op die brein
| het.

Hy het ten minste een wat nog goed werk. En uit sy plasing is dit duidelik
dat hy meer oor sy eie omgewing vertel as wat hy Ontario afskiet. Dis jou
eie waan wat jou persepsie verdraai ....

Uit die sielkundige oogpunt
| vra 'n mens dan natuurlik altyd
| waarom?

Jy sal nooit hierop antwword kry nie .... (Jy het 'n sielkundige
oogpunt? O ja, ek onthou nou - jy is nie beskeie nie - seker ook 'n Phd in
sielkunde ...)

Hjalmar sit my natuurlik
| ook in die spreekwoordelike kassie.
| Hy neem nie in ag dat ek in ander
| provinsies meeste van my lewe ??????????????? hier
| in Kanada deurgebring het nie.
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13612 is 'n antwoord op boodskap #13547] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Ek bly
| > net omtrent 3 ure se ry van die
| > Kanadese grens af. Ek het ook al
| > baie gesê: ek weet niks van Kanada
| > af nie.
|
| Nou wil jy nou meer. Jy woon
| drie uur se ry van Kanada af
| en sê jy weet niks van Kanada
| af nie.

Ek het nog nie 'n verkyker gekoop wat my hier van Minneapolis alles laat
sien wat in Kanada aangaan nie. My alwysheid oor Kanada sal ek maar eers
openbaar as ek ekstensief die land deurreis het. Wat verwag jy? Moet ek
nou alles van 'n land af weet net omdat ek al vir ses maande binne drie
uur se ry van die land af bly? Is jy stupid?

Neem jy kennis van die
| feit dat 'n deel van Minnesota
| onlangs gevra het (deur hulle
| verkose verteenwoordiger) om
| af te stig van die VSA en by
| Ontario aan te sluit.

Omtrent 200 mense in 'n Rooihuid reservaat, die "Red Lake" reservaat, so
tien by tien myl groot en niemand neem hulle te ernstig op nie want dit het
oor hulle misnoeë gegaan omdat Minnesota nie die surplus in die koffers
oombliklik aan die inwoners van die stat wil terugbetaal nie.

So, wat's jou punt?
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13613 is 'n antwoord op boodskap #13547] So, 29 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: >
> | feit dat 'n deel van Minnesota
> | onlangs gevra het (deur hulle
> | verkose verteenwoordiger) om
> | af te stig van die VSA en by
> | Ontario aan te sluit.
>
> Omtrent 200 mense in 'n Rooihuid reservaat, die "Red Lake" reservaat, so
> tien by tien myl groot en niemand neem hulle te ernstig op nie want dit het
> oor hulle misnoeë gegaan omdat Minnesota nie die surplus in die koffers
> oombliklik aan die inwoners van die stat wil terugbetaal nie.
>
> So, wat's jou punt?

My punt is, Nico, dat die luiperd
alweer sy kolle wys deur te sê dat
"niemand neem hulle ernstig op nie'
(dis nou die "Rooihuide" waarvan
jy praat.) Dis maar weer die wit man
wat praat in 'n deel van die kontinent
waar mense uit Europa kom nesskop het
en nou dink hulle is baas.
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13630 is 'n antwoord op boodskap #13547] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:

> Maar, het jy enige regte rooihuid vriende? Ek het - en as jy wil e-mail ek
> vir jou 'n foto van my en hom saam in Texas laasjaar in Oktober. Hy is
> tans hier in die Twin Cities nadat hy 'n hartoorplanting gehad het.
>
> Nico

My beste vriendin op die Noord-Amerikaanse
vasteland is 'n lid van een van die First
Nations. Tot 1983 was sy sonder Indian "status"
omdat sy met 'n wit man getroud was. Toe
het die "wit" Kanadese regering die wet
verander en sy het haar "status" teruggekry.
Sy het dadelik haarself gestel vir verkiesing
in die First Nation Band waaraan sy behoort,
en is sedertdien nog altyd op die bestuur.

Oor die algemeen dink ek dat lede van die
First Nations baie meer vredeliewend, minder
arrogant, en dieper geestelik is as die
deursnee "wit" arrivante van Europa, wat
dink dat hulle alle wysheid in pag het.
Ek neem aan jy vind dieselfde.
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13631 is 'n antwoord op boodskap #13547] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: >

Dis maar weer die wit man
> | wat praat in 'n deel van die kontinent
> | waar mense uit Europa kom nesskop het
> | en nou dink hulle is baas.
> |
> |
> |
>
> Ons is baas hier en dis bleddie lekker!

Siedaar die neo-nazi, aryan
gedagtegang besig om te
ontluik. Dis om van te kots.
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13632 is 'n antwoord op boodskap #13547] Ma, 30 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| jy praat.) Dis maar weer die wit man
| wat praat in 'n deel van die kontinent
| waar mense uit Europa kom nesskop het
| en nou dink hulle is baas.
|
|
|

Ons is baas hier en dis bleddie lekker!
Maar, het jy enige regte rooihuid vriende? Ek het - en as jy wil e-mail ek
vir jou 'n foto van my en hom saam in Texas laasjaar in Oktober. Hy is
tans hier in die Twin Cities nadat hy 'n hartoorplanting gehad het.

Nico
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13646 is 'n antwoord op boodskap #13547] Di, 31 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> writes:
>
>
> Daar is nie so 'n ding soos 'n twee-
> gesigjakkals in Afrikaans nie. Ek
> moes seker aan "doublefaced liar"
> gedink het toe ek die aantyging
> gemaak het. So, mense, Leendert
> is 'n "tweegatjakkals" of "twee-
> stertjakkals." Jammer vir die
> idiomatiese glips.

Nee, Gloudina. Jy het dit in elk geval mis gehad toe jy die "Aantyging"
gemaak het, soos jy self hier sê:

Ek het nie twee gesigte nie. Ek het duisende. Vir elkeen van die kante
waarheen jy spring om kwaad te stook en karaktermoord te pleeg, sal ek jou
die toepaslike gesig wys: - 'n ander aspek van die waarheid.

Die gatte wat jy sien, met permissie gesê, moet jou eie wees.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13663 is 'n antwoord op boodskap #13547] Di, 31 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Oor die algemeen dink ek dat lede van die
| First Nations baie meer vredeliewend, minder
| arrogant, en dieper geestelik is as die
| deursnee "wit" arrivante van Europa, wat
| dink dat hulle alle wysheid in pag het.
| Ek neem aan jy vind dieselfde.
|
|
Ja, wel. Ek het net so 'n knaende suspisie dat dit nie almal van hulle
beskryf nie. Ek het nou begin om die boek "Bury my Heart at Wounded Knee"
te lees - en die eerste hoofstuk beskryf Amerika voor die koms van die
witman. Hulle het mkaar ook maar baie wreed uitgemoor. Lyk of daar
vredeliewende stamme was en dan meer moordlustige stamme.

Die paar Indiane waarmee ek tot dusver kennis gemaak het, gee defnitief die
indruk van groot vredesoekendheid en min haat teenoor die witman. Maar ek
dink ook dat netsoos met die African Americans, hulle al tot 'n meerdere
mate uitgebaster het. Baie min van hulle het nog die fisiese gelaatstrekke
van 'n rooihuid. Die"swartes" hier is ook baie minder as die "African
Americans".

Dankie vir 'n positiewe respons, Gloudina. Kom ons hou dit nou so!

Nico
Re: Leendert as tweegesigjakkals [boodskap #13697 is 'n antwoord op boodskap #13547] Wo, 01 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >

> En met "apartheidsvarke" bedoel ek,
> Leendert, nie Afrikaners of Boere
> nie. Ek bedoel oud-Nederlanders soos
> Verwoerd, oud-Rhodesiers, dom
> Afrikaners, bose Afrikaners, sommige
> swart bantoestan-hoofde, Australiese
> vroue van double-barreled Engelse
> manne en die lys gaan aan en aan.
> Dis teen hulle en hulle intellektuele
> nageslag wat ek die Derde Vryheids-
> oorlog verklaar en veg.

Die probleem is dit, Gloudina:

Jy definieer "apartheid" blykbaar as alle dade wat bepaalde mense gepleeg
het. Dit is regtig nie 'n baie bruikbare definisie nie. Want ek is seker
mens kan op baie dinge wys wat hulle gedoen het, en wat jy ook doen.

Ek het, as ek reg onthou, jou al tevore gevra wat jy bedoel met hierdie ding
"apartheid".

Ek is seker jy self en die gesprek hier sal veel meer helderheid kry as jy
wil verduidelik wat jy daarmee bedoel.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Demokrasie ANC styl
Volgende onderwerp: Crunchie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:08:31 MGT 2024