Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sleutelbord
sleutelbord [boodskap #132735] Vr, 14 Augustus 2020 20:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19293
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Sleutelbord.
'n Sleutelbord.
sleutelbord
Afbreking: sleu•tel•bord
Samestelling: sleutel + bord


Selfstandige naamwoord: sleutelbord
Meervoud: sleutelborde
Verkleinwoord: sleutelbordjie
Meervoud van verkleining: sleutelbordjies

Betekenis:
• (rekenaarwetenskap) Toestel soortgelyk aan 'n tikmasjien, waarmee data in 'n rekenaar ingevoer word.
• (musiek) Instrument met klawers of toetse wat gedruk word.
• 'n Bord met hakkies waaraan sleutels opgehang word.

Gebruik:
• 'n Sleutelbord bestaan uit 'n klomp reghoekige knoppies, sleutels of toetse genoem, wat gedruk word om karakters en simbole te geproduseer.
• Die musikant se hande gly oor die sleutelbord.
• Plaas die stoorkamer se sleutel terug op die sleutelbord as jy klaar is.

Sinoniem:
• toetsbord

Hiponiem:
• Dvorak-sleutelbord
• QWERTY-sleutelbord

Vertaling:
Engels: keyboard
Nederlands: toetsenbord; sleutelbord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: rondskud
Volgende onderwerp: motorfiets
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 13 15:59:07 MGT 2024