Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » valskerm
valskerm [boodskap #132732] Vr, 14 Augustus 2020 19:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19297
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Persoon met 'n valskerm.
Persoon met 'n valskerm.
valskerm
Afbreking: val•skerm
Samestelling: val + skerm
Uitspraak: /ˈfal.skɛrm/


Selfstandige naamwoord: valskerm
Meervoud: valskerms
Verkleinwoord: valskermpie
Meervoud van verkleining: valskermpies

Betekenis:
• 'n Sambreelvormige toestel wat die val van 'n persoon of voorwerp in die lug rem.

Gebruik:
• 'n Valskerm kan op twee maniere oopgetrek word: óf met behulp van 'n lang lyn waarmee die pak aan 'n vliegtuig verbind is, óf deur die springer self met behulp van 'n handgreep.

Hiponiem:
• noodvalskerm

Afgelei:
• valskermbataljon
• valskermman
• valskermopleiding
• valskermsoldaat
• valskermspring
• valskermspringer
• valskermsprong
• valskermtroepe

Vertaling:
Engels: parachute
Nederlands: valscherm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sinsbou
Volgende onderwerp: notaboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 06:25:05 MGT 2024