spookdier [boodskap #132725] |
Do, 13 Augustus 2020 20:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spookdier
Afbreking: spook•dier
Samestelling: spook + dier
Uitspraak: /ˈspuə̯kdiːr/
Selfstandige naamwoord: spookdier
Meervoud: spookdiere
Verkleinwoord: spookdiertjie
Meervoud van verkleining: spookdiertjies
Betekenis:
• 'n Baie klein aapagtige nagdiertjie met groot oë, kort ore en 'n lang pluimstert (genus Tarsiidae).
Gebruik:
• Die spookdier is 'n primaat wat nie veel groter as 'n rot is nie wat in die woude van Asië voorkom.
Sinoniem:
• spookapie
Vertaling:
Engels: tarsier
Nederlands: spookdier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|