Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lugredery
lugredery [boodskap #132719] Do, 13 Augustus 2020 19:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19148
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vliegtuig van die Emirates Lugredery.
'n Vliegtuig van die Emirates Lugredery.
lugredery
Afbreking: lug•re•de•ry
Samestelling: lug + redery
Uitspraak: /ˈlœχˌriə̯dərəɪ̯/, /ˈlœχridəˌrəɪ̯/


Selfstandige naamwoord: lugredery
Meervoud: lugrederye
Verkleinwoord: lugrederytjie
Meervoud van verkleining: lugrederytjies

Betekenis:
• 'n Maatskappy wat passasiers (mense) en goedere (vrag) per vliegtuig vervoer.

Gebruik:
• SAL is Suid-Afrika se grootste binnelandse sowel as buitelandse lugredery.
• 'n Lugredery kan slegs een vliegtuig besit, of 'n vloot van honderde vliegtuie.

Sinoniem:
• lugvaartmaatskappy

Vertaling:
Engels: aviation company, airline company, airline
Nederlands: luchtvaartmaatschappij
Xhosa: ikhampani yeendlela zomoya

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: laan
Volgende onderwerp: nekroloog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 09:40:34 MGT 2024