boerbok [boodskap #132717] |
Do, 13 Augustus 2020 16:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boerbok
Afbreking: boer•bok
Samestelling: boer + bok
Selfstandige naamwoord: boerbok
Meervoud: boerbokke
Verkleinwoord: boerbokkie
Meervoud van verkleining: boerbokkies
Betekenis:
• 'n Bokras wat in die vroeë 1900's in Suid-Afrika ontstaan het deur Nubiese bokke met Europese en Indiese bokke te kruis.
Gebruik:
• Weens die lae melkproduksie word boerbokke nie gemelk nie, maar word dit vir vleisproduksie en landskapsbestuur aangehou.
Afgelei:
• boerbokooi
• boerbokram
• boerbokveiling
Vertaling:
Engels: boer goat
Nederlands: boergeit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|