Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina se Boerehaat
Gloudina se Boerehaat [boodskap #13525] Wo, 25 Maart 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> Dis teen mense
> soos jy wat ek die Derde Boere-
> Oorlog veg -

Ai, Gloudina,

Ons weet almal teen hierdie tyd dat jy die terapie gekies het van
maksimum-bandwydte-Boerehaat op hierdie nuusgroep om die gevolge te verwerk
daarvan dat jy jou taal dekades lank verloën het.

Maar is dit regtig wys om jou persoonlike katarsis met soveel grandiose
pretensie in te klee? "Derde Boere-Oorlog" inderdaad! Met watter imperialis
identifiseer jy jouself in die eerste twee - Queen Victoria?

As dit nie so pateties was nie, sou dit snaaks wees - hier in Afrika kom die
Derde Taalbeweging op dreef, en die wêreld gons van grens tot grens soos
die mense baklei, stry en vry. En daar in jou centrally heated Kanadese
apartment boks jy teen die spoke van die keuses van jou jeug.

Maar ek moet sê, daar's hoop vir die nuusgroep, net soos vir die land self -
helfte van die Boerehaters verkeer in 'n progressiewe toestand van seniele
waansin. Die ander helfte verval herhaaldelik in 'n staat van perenniale
infantiele regressie!

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: LEKKER BRAAI !!! GOEIE OU DAE !!!
Volgende onderwerp: Re: Kannie wag 2
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 01:23:28 MGT 2024