Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » akker
akker [boodskap #132633] Ma, 10 Augustus 2020 11:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Akkers van 'n akkerboom.
Die Akkers van 'n akkerboom.
akker
Afbreking: ak•ker


Selfstandige naamwoord: akker
Meervoud: akkers
Verkleinwoord: akkertjie
Meervoud van verkleining: akkertjies

Betekenis:
• 'n Eenheid waarmee oppervlakte gemeet word; grondmaat.
• (landbou) 'n Stuk grond wat vir die verbouing van 'n gewas afgeperk is; bedding; ploegland.
• (plantkunde) Die saad van 'n akkerboom.

Gebruik:
• Histories is 'n akker die hoeveelheid grond wat 'n man met een os in een dag kon ploeg. Internasionaal gesproke is 'n akker 'n reghoek van 4046,86 m².
• Die boer verdeel jy land in akkers vir verskillende gewasse.
• Eekhorings versamel die akkers wat op die grond val.

Spreekwoord:
• Hy is 'n wakker akker! [Baie oplettend.]
• Jou akker sal kraak. [Jy sal dit swaar kry.]
• Elke man op sy akker! Laat elkeen op sy pos wees.]
• Gods water oor Gods akker laat loop. [Sake hulle eie gang laat gaan.]

Vertaling:
Engels: acre; field, plot; acorn
Nederlands: acre; akker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: balie
Volgende onderwerp: treeteller
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 14:29:56 MGT 2024