werp [boodskap #132630] |
Ma, 10 Augustus 2020 10:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
werp
Afbreking: werp
Werkwoord: werp
Verlede tyd: het gewerp
Betekenis:
• Met 'n kragtige swaai van die arm iets uit die hand gooi.
• Geboorte skenk; ter wêreld bring; baar (van diere gesê).
Gebruik:
• Die doelwagter tel die bal op en werp dit na die ander kant van die veld.
• Die kat het 2 kleintjies gewerp.
Spreekwoord:
• Hy werp lig op die saak. [Iets bydra om die saak te verduidelik.]
• Werp jou brood op die waters. [Doen goed sonder om beloning te verwag.]
Sinoniem:
• gooi
• smyt
Afgelei:
• uitwerp
• werper
• werpsel
• werpspies
Vertaling:
Engels: to throw, cast, hurl
Nederlands: werpen
Xhosa: binza
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|