soda [boodskap #132628] |
Ma, 10 Augustus 2020 09:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
soda
Afbreking: so•da
Selfstandige naamwoord: soda
Meervoud: sodas
Verkleinwoord: sodatjie
Meervoud van verkleining: sodatjies
Betekenis:
• 'n Sout wat o.a. in huishoudings as was- en reinigingsmiddel gebruik word; minerale loogsout; natriumkarbonaat Na2CO3.
• Water met koolsuurgas wat as drankie opgedis word; bruiswater.
Gebruik:
• Aanvanklik is soda in woestyne as mineraal ontgin of deur die verbranding van seeplante met 'n hoë natriumchloriedinhoud verkry.
• Daar is soda in die yskas as jy dors is.
Hiponiem:
• soda-as
• sodawater
Afgelei:
• baksoda
• bytsode
• klubsoda
• koeksode
• seepsoda
• wassoda
Vertaling:
Engels: soda
Nederlands: soda
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|