des [boodskap #132623] |
Ma, 10 Augustus 2020 08:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
des
Afbreking: des
Bywoord: des
Betekenis:
• Van die (in vaste uitdrukkings soos kind des doods en boom des lewens).
• In so 'n mate; soveel (vaste uitdrukkings soos des te meer/beter/erger/ens).
Gebruik:
• In my dag des lewens het ek nog nie so iets teëgekom nie!
• Hoe meer woorde, des te leër hul betekenis.
Spreekwoord:
• Hy is 'n steen des aanstoots. [Hy is 'n rede tot ergernis.]
• Sonder aansien des persoons. [Sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al.]
Vertaling:
Engels: of the; so much, the more
Nederlands: des
Nota:
• "Des" is 'n ou woord wat nog net in vaste uitdrukkings voorkom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|