deaktiveer [boodskap #132615] |
So, 09 Augustus 2020 12:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
deaktiveer
Afbreking: de•ak•ti•veer
Werkwoord: deaktiveer
Verlede tyd: het gedeaktiveer
Betekenis:
• Buite diens of werking stel; deaktief maak; uit aksie haal.
Gebruik:
• Wetenskaplikes is op soek na 'n middel om die virus te inhibeer en te deaktiveer.
• As kos teen 0ºC gevries word, deaktiveer die mikrobes (bakterieë, gis en muf).
Sinoniem:
• afsit
• afskakel
• stop
Antoniem:
• aktiveer
Vertaling:
Engels: to deactivate, switch off
Nederlands: deactiveren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|