doodskis [boodskap #132610] |
So, 09 Augustus 2020 10:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
doodskis
Afbreking: doods•kis
Samestelling: dood + -s- + kis
Selfstandige naamwoord: doodskis
Meervoud: doodskiste
Verkleinwoord: doodskissie
Meervoud van verkleining: doodskissies
Betekenis:
• 'n Kis van hout waarin 'n dooie persoon ter aarde bestel of gekremeer word.
Gebruik:
• Die skare het met Lodewyk XIV se afsterwe beledigings na sy doodskis geslinger.
Spreekwoord:
• Dit is die spyker in die doodskis. [Iets wat iemand se dood verhaas.]
Wisselvorm:
• doodkis
Hiperoniem:
• kis
Vertaling:
Engels: coffin
Nederlands: doodskist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|