morfologie [boodskap #132588] |
Sa, 08 Augustus 2020 08:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
morfologie
Afbreking: mor•fo•lo•gie
Selfstandige naamwoord: morfologie
Meervoud: morfologieë
Betekenis:
• (geologie) Wetenskap wat die vorm van landskappe en die prosesse wat dit vorm bestudeer.
• (biologie) Wetenskap wat die uitwendige bou van organismes, organe en weefsels bestudeer.
• (chemie) Die vorms, strukture en teksture van materiale op 'n skaal groter as die molekulêre skaal.
• (taalkunde) Die wetenskap wat die vorming van woorde bestudeer.
Gebruik:
• Die geoloog is verstom oor die berge se unieke morfologie.
• Die bioloog klassifiseer plante volgens hulle morfologie.
• Die morfologie van polimere en hul mengsels kan met 'n elektronmikroskoop bestudeer word.
• Die taalkundige verduidelik dat morfologie te doen het met die kleiner betekenisdraende eenhede waaruit woorde bestaan.
Sinoniem:
• vormkunde
• vormleer
Afgelei:
• morfologies
• morfologiese
Vertaling:
Engels: morphology
Nederlands: morfologie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|