sein [boodskap #132568] |
Do, 06 Augustus 2020 21:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sein
Afbreking: sein
Selfstandige naamwoord: sein
Meervoud: seine
Verkleinwoord: seintjie
Meervoud van verkleining: seintjies
Betekenis:
• 'n Aanduiding of aanwysing van iets.
• Elektromagnetiese golwe, of die ontvangs daarvan.
Gebruik:
• Eindelik kry hulle die sein om te begin.
• My selfoon het nie 'n sein nie.
Sinoniem:
• teken
• sinjaal
Hiponiem:
• gevaarsein
• noodsein
• radiosein
• rooksein
• selfoonsein
• stopsein
Afgelei:
• seintoestel
• seintoring
Vertaling:
Engels: signal
Nederlands: sein
Werkwoord: sein
Verlede tyd: het gesein
Betekenis:
• 'n Teken gee of stuur.
Gebruik:
• Die kaptein op die sinkende boot het om hulp gesein.
Vertaling:
Engels: to signal, telegraph
Nederlands: seinen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|