Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanmerking
aanmerking [boodskap #132565] Do, 06 Augustus 2020 20:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanmerking
Afbreking: aan•mer•king


Selfstandige naamwoord: aanmerking
Meervoud: aanmerkings, aanmerkinge
Verkleinwoord: aanmerkinkie
Meervoud van verkleining: aanmerkinkies

Betekenis:
• 'n Afkeurende opmerking; kommentaar wat meestal negatief van aard is.
• Vir oorweging gekies of voorgestel.

Gebruik:
• Dis nie mooi om aanmerkings oor ander se voorkoms te maak nie.
• Hoekom word dieselfde individue oor en oor vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) in aanmerking geneem?

Afkorting:
• aanm.

Vertaling:
Engels: remark, comment, criticism; selected, considered
Nederlands: aanmerking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gesag
Volgende onderwerp: rekordeksamen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 14:28:08 MGT 2024