Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » antenne
antenne [boodskap #132561] Do, 06 Augustus 2020 19:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die antennes van 'n vlieg.
Die antennes van 'n vlieg.
'n Skottelantenne.
'n Skottelantenne.
antenne
Afbreking: an•ten•ne
Uitspraak: /ˈantɛn.nə/


Selfstandige naamwoord: antenne
Meervoud: antennes
Verkleinwoord: antennetjie
Meervoud van verkleining: antennetjies

Betekenis:
• Toestel (soos 'n lugdraad of skottel) vir die stuur/ontvang van radio- en ander elektromagnetiese golwe.
• Die voelhoring van 'n insek; spriet.

Gebruik:
• Die kragdigtheid van 'n radiogolf is omgekeerd eweredig aan die afstand in die kwadraat van die antenne af.
• Die kop van die meeste geleedpotiges het twee roerende sensoriese organe wat antennes genoem word.

Wisselvorm:
• antenna

Afgelei:
• antennemas
• antennestoomkring
• antennetoring
• antennewins
• radarantenne
• skottelantenne
• TV-antenne

Vertaling:
Engels: aerial; antenna
Nederlands: antenne

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brommer
Volgende onderwerp: eerloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 14:34:34 MGT 2024