kraam [boodskap #132544] |
Di, 04 Augustus 2020 20:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kraam
Afbreking: kraam
Werkwoord: kraam
Verlede tyd: het gekraam
Betekenis:
• Aan 'n kind geboorte skenk; 'n baba in die wêreld bring; baar.
Gebruik:
• Baie vroue in Afrika het komplikasies tydens kraam.
Afgelei:
• kraamafdeling
• kraambed
• miskraam
• kraamsorg
• kraamverlof
Vertaling:
Engels: to labor, give birth
Nederlands: kramen
Selfstandige naamwoord: kraam
Meervoud: krame
Verkleinwoord: kraampie
Meervoud van verkleining: kraampies
Betekenis:
• 'n Stalletjie of verkoopstent.
Gebruik:
• Ons gaan Saterdag 'n kraam op die Boeremark beman.
Spreekwoord:
• Dit pas so in my kraam. [Iets is presies soos iemand dit wil hê.]
Vertaling:
Engels: booth, stall, shed, stand
Nederlands: kraam
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|