boendoehof [boodskap #132498] |
Sa, 01 Augustus 2020 20:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
boendoehof
Afbreking: boen•doe•hof
Samestelling: boendoe + hof
Uitspraak: /bun.du.hɔf/
Selfstandige naamwoord: boendoehof
Meervoud: boendoehowe
Betekenis:
• 'n Tradisionele hof ingevolge stamreg, of 'n informele hof deur mense wat die reg in eie hande neem.
Gebruik:
• Ná 'n boendoehof is die verdagtes volgens die halssnoermetode met brandende motorbande vermoor.
Verwant:
• boendoegeweld
• boendoehof-teregstelling
Vertaling:
Engels: tribal court; kangaroo court
Nederlands: tribale rechtbank; kangoeroe-rechtbank
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|