gesigsuitdrukking [boodskap #132489] |
Sa, 01 Augustus 2020 16:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gesigsuitdrukking
Afbreking: ge•sigs•uit•druk•king
Samestelling: gesig + -s- + uitdrukking
Uitspraak: /χəˈsəχs.œi̯(t).drœ.kəŋ/
Selfstandige naamwoord: gesigsuitdrukking
Meervoud: gesigsuitdrukkings, gesigsuitdrukkinge
Verkleinwoord: gesigsuitdrukkinkie
Meervoud van verkleining: gesigsuitdrukkinkies
Betekenis:
• Die uitdrukking op iemand se gesig; gemoedstoestand wat mens op iemand se gelaat kan lees.
Gebruik:
• Ek sal sy gesigsuitdrukking toe hy hoor het hy het deurgekom nooit vergeet nie.
Sinoniem:
• gelaatsuitdrukking
Vertaling:
Engels: facial expression
Nederlands: gezichtsuitdrukking
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|