noukeurig [boodskap #132452] |
Do, 30 Julie 2020 17:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noukeurig
Afbreking: nou•keu•rig
Uitspraak: /ˌnœu̯ˈkɪø.rəχ/
Byvoeglike naamwoord: noukeurig
Vergrotende trap: noukeuriger
Oortreffende trap: noukeurigste
Attributief: noukeurige
Partitief: noukeurigs
Betekenis:
• Baie sorgvuldig; wat presies reg en volgens voorskrif gebeur.
Gebruik:
• Lees die vraestel noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.
Sinoniem:
• akkuraat
• nougeset
• presies
• sorgvuldig
Antoniem:
• onnoukeurig
Afgelei:
• noukeurigheid
Vertaling:
Engels: exact, accurate, precise
Nederlands: nauwkeurig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|