Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » partikel
partikel [boodskap #132424] Di, 28 Julie 2020 10:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
partikel
Afbreking: par•ti•kel


Selfstandige naamwoord: partikel
Meervoud: partikels
Verkleinwoord: partikeltjie
Meervoud van verkleining: partikeltjies

Betekenis:
• 'n Baie klein stukkie materie, 'n fragment.
(fisika) Onderdeel van 'n atoom (subatomies of elementêr).
(taalkunde) 'n Woordsoort wat nie verbuig nie, soos ’n voorsetsel.

Gebruik:
• Om met die virus besmet te word, moet mens aan 'n hoeveelheid besmette partikels blootgestel word.
• Atome bestaan uit subatomiese partikels soos elektrone, protone, en neutrone.
• Woorde soos darem, mos en rêrig is partikels.

Sinoniem:
• deeltjie

Afgelei:
• partikeldigtheid
• partikelfisika
• partikelversneller

Vertaling:
Engels: particle
Nederlands: partikel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ouerskap
Volgende onderwerp: oorbodig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 14:24:57 MGT 2024