kapoen [boodskap #132399] |
So, 26 Julie 2020 13:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kapoen
Afbreking: ka•poen
Uitspraak: /kɑˈpun/
Selfstandige naamwoord: kapoen
Meervoud: kapoene
Verkleinwoord: kapoentjie
Meervoud van verkleining: kapoentjies
Betekenis:
• 'n Haan wat gekastreer is en vir die tafel vetgemaak word.
Gebruik:
• In sommige lande soos Spanje word die kapoene deur dwangvoeding gevoed.
Afgelei:
• kapoenhaan
Vertaling:
Engels: capon
Nederlands: kapoen
Xhosa: inkabi yenkuku
Zoeloe: iqhude elitheniweyo
Werkwoord: kapoen
Verlede tyd: het gekapoen
Betekenis:
• 'n Haan sny, kastreer.
Gebruik:
• Die hoenders moet gekapoen word.
Vertaling:
Engels: to caponise, caponize
Nederlands: kapoenen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|