tereg [boodskap #132383] |
Sa, 25 Julie 2020 20:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
tereg
Afbreking: te•reg
Bywoord: tereg
Betekenis:
• Met reg. Met goeie rede.
Gebruik:
• Die regter het tereg opgemerk dat die aanmerkings rassehaat aanwakker.
Sinoniem:
• akkuraat
• korrek
• reg
• regtens
• regtelik
• regverdiglik
• toepaslik
Vertaling:
Engels: rightly, justly, correctly
Nederlands: terecht
Nota:
• Kom ook voor as deelwoord van werkwoorde soos teregwys, teregstaan en teregstel.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|