brandweerman [boodskap #132362] |
Sa, 25 Julie 2020 09:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brandweerman
Afbreking: brand•weer•man
Samestelling: brandweer + man
Selfstandige naamwoord: brandweerman
Meervoud: brandweermanne
Verkleinwoord: brandweermannetjie
Meervoud van verkleining: brandweermannetjies
Betekenis:
• 'n Man wat by 'n brandweerstasie werk en brande bestry.
Gebruik:
• Die lewe van 'n brandweerman of -vrou hou vele uitdagings in.
Sinoniem:
• brandbestryder
• brandweerbeampte
• vuurvegter
Antoniem:
• brandweervrou
Vertaling:
Engels: firefighter, fireman
Nederlands: brandweerman
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|