Betekenis:
• Klein metaalpennetjie met 'n kop, bedoel om iets vas te steek.
Gebruik:
• Moet nooit bo-oor 'n speld stik nie.
Spreekwoord:
• Jy kan 'n speld hoor val. [Dit was baie stil.]
• Iemand iets op die mou speld. [Iemand iets wysmaak.]
• Hy het soos 'n groot speld verdwyn. [Ongemerk weggeraak.]
• Sy soek na 'n 'speld in 'n hooimied. [Dit sal nooit gekry word nie.]