Betekenis:
• 'n Spel met blokkies (ook domino's genoem) wat volgens die aantal kolletjies daarop langs mekaar gepak word.
• 'n Soort vis met wit kolle, Dascyllus trimaculatus.
Gebruik:
• In Turkye speel die mense graag domino in teehuise.
• Die domino kom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooisee en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by die Groot-Visrivier voor.
Afgelei:
• domino-blokkie
• domino-spel
Vertaling:
Engels: dominoes
Nederlands: domino
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.