Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanwysing
aanwysing [boodskap #132340] Vr, 24 Julie 2020 13:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanwysing
Afbreking: aan•wy•sing


Selfstandige naamwoord: aanwysing
Meervoud: aanwysings
Verkleinwoord: aanwysinkie
Meervoud van verkleining: aanwysinkies

Betekenis:
• Die ligging van iets aandui; uitkenning; identifikasie.
• Iemand in 'n posisie bevestig; benoeming.
• Voorskrif of inligting oor hoe om iets te gebruik; instruksies; resep.

Gebruik:
• Die aanwysing van water is 'n verlore kuns.
• Sy aanwysing as skoolhoof het die wenkbroue laat lig.
• Lees die aanwysings voor jy die rekenaar bou.

Afgelei:
• aanwysingsbord

Afkorting:
• aanw.

Vertaling:
Engels: direction, indication; appointment; instruction, hint, clue
Nederlands: aanwijzing

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanmaning
Volgende onderwerp: dennebol
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:31:54 MGT 2024