stut [boodskap #132337] |
Vr, 24 Julie 2020 10:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stut
Afbreking: stut
Selfstandige naamwoord: stut
Meervoud: stutte
Verkleinwoord: stutjie
Meervoud van verkleining: stutjies
Betekenis:
• 'n Voorwerp wat ter ondersteuning onder 'n ander voorwerp geplaas word.
• Spelerposisie in rugby aan weerskante van die hakker (die nommer 1, loskopstut of die nommer 3, vaskopstut).
Gebruik:
• Die boom benodig 'n stut om te keer dat hy nie omval nie.
• 'n Stut se hoofdoel is om in die skrum te druk.
Afgelei:
• nekstut
• rugstut
• stutbalk
• stutmuur
• stutpaal
Vertaling:
Engels: support, stay; prop
Nederlands: stut
Werkwoord: stut
Verlede tyd: het gestut
Betekenis:
• Keer dat iets omval.
Gebruik:
• Hy stut die skewe muur met pale.
Vertaling:
Engels: to support
Nederlands: stutten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|