dooierig [boodskap #132315] |
Wo, 22 Julie 2020 21:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dooierig
Afbreking: dooi•e•rig
Byvoeglike naamwoord: dooierig
Vergrotende trap: dooieriger
Oortreffende trap: dooierigste
Attributief: dooierige
Betekenis:
• Onaktief, traag en met min lewenslus.
• Eentonig en oninteressant.
Gebruik:
• Kom, vang bietjie gees, moenie so dooierig wees nie!
• Vanoggend se kerkdiens was maar dooierig.
Sinoniem:
• gevrek
• oninteressant
• saai
• vervelig
Antoniem:
• lewendig
Afgelei:
• dooierigheid
Vertaling:
Engels: lifeless, listless; dull, slow
Nederlands: dooierig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|