pleonasties [boodskap #132306] |
Wo, 22 Julie 2020 14:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
pleonasties
Afbreking: ple•o•nas•ties
Byvoeglike naamwoord: pleonasties
Attributief: pleonastiese
Betekenis:
• Oortollig of met 'n dubbele betekenis, wat dus 'n pleonasme vorm.
Gebruik:
• 'n Woord soos "plaasboer" is pleonasties ("plaas" is oortollig, let op dat "plaas" en "boer" nie sinonieme is nie, anders was dit 'n toutologie).
Verwant:
• toutologies
Vertaling:
Engels: pleonastic
Nederlands: pleonastisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|