plegtigheid [boodskap #132294] |
Di, 21 Julie 2020 09:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plegtigheid
Afbreking: pleg•tig•heid
Samestelling: plegtig + -heid
Selfstandige naamwoord: plegtigheid
Meervoud: plegtighede
Verkleinwoord: plegtigheidjie
Meervoud van verkleining: plegtigheidjies
Betekenis:
• 'n Byeenkoms of sosiale gebeurtenis wat met erns en seremonie gepaard gaan.
Gebruik:
• 'n Nuwe kanselier is tydens die plegtigheid ingehuldig.
Sinoniem:
• ritueel
• seremonie
• solemniteit
Afgelei:
• doopplegtigheid
• gradeplegtigheid
• huweliksplegtigheid
• trouplegtigheid
• wydingsplegtigheid
Vertaling:
Engels: ceremony, formality, solemnity, rite, function
Nederlands: plechtigheid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|