Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » maagwerking
maagwerking [boodskap #132265] So, 19 Julie 2020 10:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
maagwerking
Afbreking: maag•wer•king
Samestelling: maag + werking


Selfstandige naamwoord: maagwerking
Meervoud: maagwerkings
Verkleinwoord: maagwerkinkie
Meervoud van verkleining: maagwerkinkies

Betekenis:
• 'n Oorvloedige, waterige ontlasting wat meebring dat die lyer kort-kort na die badkamer moet hardloop.

Gebruik:
• Cholera is 'n besmetlike maagsiekte wat hewige braking en maagwerking veroorsaak.

Sinoniem:
• appelkoossiekte
• buikloop
• diarree
• gietergat
• loopmaag
• skittery
• spuitpoep

Vertaling:
Engels: diarrhea
Nederlands: diarree

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ruimtevaart
Volgende onderwerp: vloedvlakte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:36:55 MGT 2024