Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spekskiet
spekskiet [boodskap #132240] Sa, 18 Julie 2020 14:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
spekskiet
Afbreking: spek•skiet
Samestelling: spek + skiet


Werkwoord: skiet spek, spekskiet
Verlede tyd: het spekgeskiet

Betekenis:
• Onwaarheid kwytraak. Om te jok/lieg, te oordryf of 'n wolhaarstorie te vertel.

Gebruik:
Spekskiet sal jou net in die moeilikheid bring.
• Hy skiet nie net spek nie, hy gooi sommer die hele vark.

Afgelei:
• spekskieter
• spekskietery
• spekskietster

Vertaling:
Engels: to fib
Nederlands: spek schieten, jokken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: spekskieter
Volgende onderwerp: idealis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:29:21 MGT 2024