Betekenis:
• Temperatuur waarteen 'n vloeibare stof van die vloeistof- na die gastoestand verander.
• (figuurlik) 'n Situasie waar die gemoedere uitbars.
Gebruik:
• Die element met die laagste kookpunt is helium, terwyl renium en wolfram se kookpunte 5000 K oorskry.
• Parlementslede het mekaar met die vuiste bygedam nadat die debat kookpunt bereik het.
Afkorting:
• kp.
Verwant:
• borrelpunt
• smeltpunt
Vertaling:
Engels: boiling point
Nederlands: kookpunt
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.