bomwerper [boodskap #132219] |
Sa, 18 Julie 2020 08:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bomwerper
Afbreking: bom•wer•per
Samestelling: bom + werper
Selfstandige naamwoord: bomwerper
Meervoud: bomwerpers
Verkleinwoord: bomwerpertjie
Meervoud van verkleining: bomwerpertjies
Betekenis:
• 'n Vliegtuig wat ontwerp is vir die neerlaat van bomme op vyandelike teikens.
Gebruik:
• Bomwerpers word ontwerp om die grootste moontlike bomvrag oor die grootste moontlike reikafstand te dra, en dan oor die teiken los te laat.
Sinoniem:
• bomvliegtuig
Vertaling:
Engels: bomber
Nederlands: bommenwerper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|