Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kalander
kalander [boodskap #132211] Vr, 17 Julie 2020 15:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die kalanderproses.
Die kalanderproses.
'n Kalanderkewer.
'n Kalanderkewer.
'n Kalandergeelhout.
'n Kalandergeelhout.
kalander
Afbreking: ka•lan•der


Selfstandige naamwoord: kalander
Meervoud: kalanders
Verkleinwoord: kalandertjie
Meervoud van verkleining: kalandertjies

Betekenis:
• Masjien met rollers om leer, papier, weefstowwe ens. glad en glansend te maak.
• 'n Kewersoort van die superfamilie Curculionoidea; snuittor; graanluis.
• 'n Groot geelhoutboom van suidelike Afrika, Afrocarpus falcatus; bastergeelhout, Outeniekwageelhout.

Gebruik:
• Termoplastiese stowwe word deur middel van die kalander in velle of blaaie gevorm.
• Boswerkers van Knysna vertel dat die hout van kalanderbome vinnig deur kalanders aangeval en beskadig word na dit afgekap is.
• Saul het geweier om die kalander af te kap soos sy pa hom beveel het.

Afgelei:
• graankalander
• kalanderagtig
• kalandergeelhout
• kalandermasjien
• kalanderproses
• soetpatatkalander

Vertaling:
Engels: calender; weevil, calander; bastard yellowwood, outeniqua yellowwood
Nederlands: kalander


Werkwoord: kalander
Verlede tyd: het gekalander

Betekenis:
• Met 'n kalander bewerk; tussen rollers masjinaal glad en glansend pers.

Gebruik:
• Die leer word vir 'n halfuur gekalander voor dit verder bewerk word.

Vertaling:
Engels: to calender
Nederlands: kalanderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: indiwidu
Volgende onderwerp: kapitaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:35:57 MGT 2024