Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » demoniem
demoniem [boodskap #132206] Vr, 17 Julie 2020 12:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
demoniem
Afbreking: de•mo•niem


Selfstandige naamwoord: demoniem
Meervoud: demonieme
Verkleinwoord: demoniempie
Meervoud van verkleining: demoniempies

Betekenis:
• Die naam van die inwoners van 'n land, stad, provinsie of ander geografiese plekaanduiding.

Gebruik:
• 'n Demoniem word gewoonlik met 'n agtervoegsel gevorm.
• Die woorde Russe, Belge, Parysenaars en Pretorianers is voorbeelde van demonieme.

Sinoniem:
• inwonersnaam

Verwant:
• antoniem
• homofoon
• homoniem
• homograaf
• hiperoniem
• hiponiem
• toponiem
• holoniem
• meroniem

Vertaling:
Engels: demonym
Nederlands: demoniem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: keper
Volgende onderwerp: framboos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:38:35 MGT 2024