vroetel [boodskap #132197] |
Do, 16 Julie 2020 14:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vroetel
Afbreking: vroe•tel
Werkwoord: vroetel
Verlede tyd: het gevroetel
Teenwoordige deelwoord: vroetelende
Betekenis:
• Om die hande en vingers onrustig en soekend (soms sonder doel) te beweeg.
• Om te vry of liefde te maak.
Gebruik:
• Sit stil en moenie so vroetel nie!
• Hulle vroetel in die donker.
Sinoniem:
• friemel
• karring
• kriewel
• rondtas
• torring
• woel
• wriemel
Afgelei:
• losvroetel
• uitvroetel
• vroeteltol
• vroetelkous
• vroetelmammie
• vroetelpappie
• vroetelvarkie
Vertaling:
Engels: to fidget, wriggle
Nederlands: wroeten, friemelen, woelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|