Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voeding
voeding [boodskap #132194] Do, 16 Julie 2020 12:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20576
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voeding
Afbreking: voe•ding
Uitspraak: /ˈvu.dəŋ/


Selfstandige naamwoord: voeding
Meervoud: voedings
Verkleinwoord: voedinkie
Meervoud van verkleining: voedinkies

Betekenis:
• Die handeling om te voed; voeding toedien; toevoer.
• Kos en spyse; voedsel.
• (figuurlik) Voedsel vir die siel.

Gebruik:
• Die regte posisie tydens voeding sal keer dat jou baba onnodig winde sluk.
• Vir pasgeborenes is melk die primêre bron van voeding totdat hulle ander kos kan verteer.
• 'n Mens kan nie net elke nou en dan geestelike voeding inkry en verwag om staande te bly nie.

Afgelei:
• voedingstof

Vertaling:
Engels: food, nutrition, nourishment
Nederlands: voeding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: uitnooi
Volgende onderwerp: papierhoed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Nov 01 16:35:02 MGT 2024