hoofmaaltyd [boodskap #132168] |
Wo, 15 Julie 2020 10:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hoofmaaltyd
Afbreking: hoof•maal•tyd
Samestelling: hoof + maaltyd
Selfstandige naamwoord: hoofmaaltyd
Meervoud: hoofmaaltye
Betekenis:
• Die grootste en belangrikste maaltyd (ete) van die dag, gewoonlik middagete of aandete.
Gebruik:
• Volgens Franse tradisie is aandete die hoofmaaltyd en kan 'n vyf- of selfs agtgangete wees wat teen agtuur met 'n aperitief in die kroeg of tuis begin.
Vertaling:
Engels: main meal
Nederlands: hoofdmaaltijd
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|