Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Duif van Manhattan se Lower East Side.
Die Duif van Manhattan se Lower East Side. [boodskap #13256] Do, 12 Maart 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > Vertel, Gloudina , vertel ...!
> --
> Net Nico ...
>
>
> | Ja, ek het mooi dinge ook daar gesien.
> | Herinner dat ek jou vertel van die
> | gewonde duif in die straat
> |
> | Gloudina
> |
> |

Na ons die Statue of Liberty besoek het, begin ons
terug na die middestad ry. Ongelukkig beland ons in
'n straat wat effens teveel na die ooste loop en begin
dus deur die Lower East Side ry. Sowat van stedelike
verval het ek in my lewe nog nie gesien nie, en ek weet
hoe lyk die East End van London of die vervalle dele
van Parys en Amsterdam. Die enigste plek wat ek
daarmee kon vergelyk, was die stad van Aden (nie die
hawe nie) waar ek laas letterlik bang was om rond te
beweeg.
Boonop het ons nog 'n taamlike nuwe kar wat uitsteek
tussen die ou raserige voertuie voor en agter ons. Ons
ry stadig voort. Die verkeer beweeg al hoe stadiger en
uiteindelik staan alle karre stil. Mense begin saamdring
voor die kar voor ons, en meer en meer mense kom later
daarheen. Ons begin baie ongemaklik voel. Ons sluit
later die deure, net ingeval ons in ons blink kar die prooi
word van 'n kaping.
Na 'n rukkie begin die verkeer weer te beweeg. Toe ons
stadig by die mense wat saamgedrom het verbyry, sien ons
dat hulle 'n duif met 'n gebreekte been in hulle hande het.
Dit is dus daarom dat alles tot stilstand gekom het : om 'n
gewonde duif te red. Ons was almal baie skaam vir ons
ongegronde vrees dat die mense slegte bedoelings teenoor
ons gehad het. En dit was 'n les wat ek nooit sal vergeet
nie en wat ek baie vertel aan veral wit Amerikaners wat
nie in dele van hulle stede wil ingaan nie omdat hulle bang
is, en soms bevooroordeel, teen die aaklige plekke waar
sommige van hulle minder gegoede landgenote moet bly.

Gloudina
Re: Die Duif van Manhattan se Lower East Side. [boodskap #13277 is 'n antwoord op boodskap #13256] Vr, 13 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina. Plaas asb meer sulke stories uit jou lewe.

Ek het 'n teorie dat mense hier in die VSA, en seker ook daar in Kanada,
tot 'n mindere mate as in SA, 'n stryd hoef te voer om te oorleef. As 'n
mens dan nou aan Maslof/v? se piramiede dink, kan die mense hier effe hoër
op in die piramiede verkeer en meer aandag skenk aan sulke dinge soos die
duif of die eende, of aan die mooimaak van hulle huise net vir 'n seisoen.
Dis asof daar meer selfaktualisering plaasvind. Daar is meer "volunteers"
hier.

Terloops, die East end van London is pragtig reggeruk. Dis begroen en
skoongemaak en die bendes is nie meer daar nie. Daar is nog "commen" arm
mense wat daar bly, maar die omgewing lyk nie meer so vervalle nie. Ek
weet nie van veel ander stede waar dit die geval is nie, maar dis uit
onkunde - ek weet nie wat in meeste ander groot stede van die wereld
aangaan nie.

Nog iets interesant: Ek het baie ekstensief deur Tzaneen gery en daar is
werklik nie 'n slumbuurt nie!
Hier by ons is dinge ook redelik skoon, selfs in die armste en oudste dele,
maar ek dink die koue het baie daarmee te doen!
Waar is Aden? Ek het al van die stad gehoor, maar kan nie nou dink waar
dit is nie.
--
Net Nico ...
|
| Na ons die Statue of Liberty besoek het, begin ons
| terug na die middestad ry. Ongelukkig beland ons in
| 'n straat wat effens teveel na die ooste loop en begin
| dus deur die Lower East Side ry. Sowat van stedelike
| verval het ek in my lewe nog nie gesien nie, en ek weet
| hoe lyk die East End van London of die vervalle dele
| van Parys en Amsterdam. Die enigste plek wat ek
| daarmee kon vergelyk, was die stad van Aden (nie die
| hawe nie) waar ek laas letterlik bang was om rond te
| beweeg.
| Boonop het ons nog 'n taamlike nuwe kar wat uitsteek
| tussen die ou raserige voertuie voor en agter ons. Ons
| ry stadig voort. Die verkeer beweeg al hoe stadiger en
| uiteindelik staan alle karre stil. Mense begin saamdring
| voor die kar voor ons, en meer en meer mense kom later
| daarheen. Ons begin baie ongemaklik voel. Ons sluit
| later die deure, net ingeval ons in ons blink kar die prooi
| word van 'n kaping.
| Na 'n rukkie begin die verkeer weer te beweeg. Toe ons
| stadig by die mense wat saamgedrom het verbyry, sien ons
| dat hulle 'n duif met 'n gebreekte been in hulle hande het.
| Dit is dus daarom dat alles tot stilstand gekom het : om 'n
| gewonde duif te red. Ons was almal baie skaam vir ons
| ongegronde vrees dat die mense slegte bedoelings teenoor
| ons gehad het. En dit was 'n les wat ek nooit sal vergeet
| nie en wat ek baie vertel aan veral wit Amerikaners wat
| nie in dele van hulle stede wil ingaan nie omdat hulle bang
| is, en soms bevooroordeel, teen die aaklige plekke waar
| sommige van hulle minder gegoede landgenote moet bly.
|
| Gloudina
|
|
Re: Die Duif van Manhattan se Lower East Side. [boodskap #13278 is 'n antwoord op boodskap #13256] Vr, 13 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
'n Mooi storie van die gewonde duif maar, ai Gloudina ...... waarom is jou
briefies so konstant deurspek met ras & kleur ? Probeer 'n bietjie 'n nuwe
aanslag in die lewe ...... kan 'n heel positiewe ervaring wees !

> wat ek baie vertel aan veral wit Amerikaners wat
> nie in dele van hulle stede wil ingaan nie
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: apartheidsvark
Volgende onderwerp: Afrikaans MSword spell toetser
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Nov 18 00:35:09 MGT 2024