Betekenis:
• 'n Kewer van die familie Lampyridae (vuurvliegies en glimwurms) wat in die donker gloei.
Gebruik:
• Die volwasse mannetjie van die genus Lampyris lyk baie soos 'n vuurvliegie, maar die volwasse wyfie lyk meer soos die larvale stadium en staan daarom as 'n glimwurm bekend. Ons praat dus van 'n vuurvliegiemannetjie en glimwurmwyfie.
Sinoniem:
• gloeiwurm
• ligwurm
Vertaling:
Engels: glowworm
Nederlands: glimworm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.