podgooi [boodskap #132121] |
So, 12 Julie 2020 09:50 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20576 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
podgooi
Afbreking: pod•gooi
Samestelling: pod • gooi
Uitspraak: /ˈpotχoːɪ̯/
Selfstandige naamwoord: podgooi
Meervoud: podgooie
Verkleinwoord: podgooitjie
Meervoud van verkleining: podgooitjies
Betekenis:
• 'n Digitale radiouitsending op die internet wat gewoonlik periodies vrygestel word en waarna gebruikers kan luister.
Gebruik:
• 'n Podgooi is 'n aantrekelike medium vir radioamateurs wat 'n groot gehoor wil bereik.
Sinoniem:
• podsending
Spelfout:
• potgooi
Vertaling:
Engels: podcast, podcasting
Nederlands: podcast
Werkwoord: podgooi
Verlede tyd: het gepodgooi
Betekenis:
• 'n Podsending opneem.
Gebruik:
• Vanaand gaan ons podgooi.
Vertaling:
Engels: to podcast
Nederlands: podcasten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|